# Die verhoor van ‘n sakeman van Limpopo wat aangekla word dat hy bedrog teen Eskom gepleeg het, gaan op 12 en 13 April volgende jaar gehou word. Maphoko Kgomoeswana staar ses aanklagte van bedrog in die gesig vir beweerde belastingvermyding tussen 2016 en 2018 van vyf-miljoen-rand in sy persoonlike hoedanigheid asook sy maatskappy Babinatlou Business Services. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Sindisiwe Twala, sê die belastingbedrog is ontdek tydens ‘n ondersoek na die omstrede 745-miljoen-rand korrupsiesaak by Eskom se Kusile-kragstasie.
Speel klankgreep: ENGSindisiweSeboka