# Die Vereniging van Staatsamptenare sê die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika moet sy besluit om Eskom se tariefverhoging toe te staan, heroorweeg. Die reguleerder het ʼn tariefverhoging van 12-persent vir die 2025/2026-boekjaar goedgekeur wat op 1 April van krag word. Dan volg ʼn 11-persent verhoging vir die 2026/2027-boekjaar, en ʼn 9,1-persent styging vir 2027/2028. Die vereniging glo die goedkeuring van so ʼn aansienlike verhoging is onregverdigbaar in die lig van voortslepende wanbestuur en korrupsie by Eskom.
Vereniging van Staatsamptenare sê Nersa moet Eskom se goedgekeurde tariefverhoging heroorweeg