# Borgtog van vyf-duisend-rand elk is vandag in die Johannesburgse Gespesialiseerde Handelsmisdaad-hof toegstaan aan drie van die vyftien mense wat betrek word by die beweerde SAPD-persoonlike beskermende toerusting-korrupsie ter waarde van 1,9-miljoen-rand. Die res sal môre weer in die hof verskyn en om borgtog aansoek doen. Die Nasionale Vervolgingsgesag sal hulle vrylating teenstaan. Twee polisiebeamptes en ses voormalige polisiebeamptes is gister in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga gearresteer op aanklagte van bedrog, diefstal en korrupsie.