# ‘n Vyf-en-sestigjarige man van Klawer in die Wes-Kaap het met moordklagtes te doen wanneer hy môre in die landdroshof op die dorp verskyn. Dit volg op die ontdekking van menslike oorskot op die man se eiendom terwyl die polisie na ‘n vermiste 13-jarige seun gesoek het. Die polisiewoordvoerder Andrè Traut sê die man is aanvanklik in hegtenis geneem in verband met ontvoering. Na wat berig word is die seun daarvan beskuldig dat hy vrugte by die man se huis gesteel het.