# ‘n Dertig-jarige verdagte sal waarskynlik vandag in die Landdroshof in Durban verskyn op aanklag van die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie. Dit volg nadat Durban se sentrale opsporingspan inligting gekry het oor ‘n man in besit van ‘n vuurwapen en ammunisie in Brookstraat, in Durban se sakekern. Die woordvoerder van die polisie, Thembeka Mbele, sê die span is na die toneel waar hulle die verdagte in ‘n voertuig gevind het:
Speel klankgreep: ENGThembekaMbele