Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Verbruikers gaan meer sukkel namate petrolpryse styg

# Verbruikers gaan vanaf middernag meer moet opdok vir brandstof, wanneer 93- en 95-oktaan petrol onderskeidelik met 65-sent en 67-sent per liter styg, terwyl kusgebiede effens laer sygings gaan ervaar. Die binnelandse en kuspryse sal wissel, met diesel wat in die binneland met drie-sent per liter toeneem en met vier-sent per liter in kusgebiede daal. Lampoliepryse sal oral met tussen 26-sent en 29-sent daal. Die aanpassings word toegeskryf aan skommelings in die internasionale prys van petroleumprodukte, insluitend die rand- en die dollar-wisselkoers.