Skip to content

Veiligheidsvrese met meer as helfte van SA se dak-sonkragstelsels wat nie geregistreer is nie


# Meer as die helfte van Suid-Afrika se dak-sonkragstelsels is steeds nie geregistreer nie, wat kommer wek oor veiligheid en regulasies. Registrasie is nodig om netwerkstabiliteit en veiligheid op munisipale vlak te verseker. Volgens Eskom is meer as vyf-gigawatt dak-sonkrag geïnstalleer. Munisipaliteite moedig nou inwoners aan om die aanlynplatform Sustainable Energy Africa te gebruik, wat munisipaliteite help om registrasies vaartbelyn te maak. Die projekkoördineerder Sinawo Sigalelana sê teen gister is een-duisend-79 aansoeke ontvang en in meer as die helfte is toestemming vir installering gegee.