Skip to content

Veiligheidskomitee van Gautengse Wetgewer bekommerd oor stygende misdaadsyfers

# Die portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid in die Gautengse Wetgewer erken die dringende behoefte om die misdaadgolf in Rietgat, Soshanguve, Fochville en Ratanda te bekamp. In die jongste voorval is die vyfjarige Ditebogo Junior Phalane doodgeskiet toe sy pa verlede week Vrydag buite hul huis in Soshanguve gekaap is. Die komitee sê hy ondersteun die gemeenskap se beroep dat die stasiebevelvoerders en personeel omgeruil word. Dit sal nuwe leierskap en ‘n vars benadering tot polisiëring verseker.