# Meer as drieduisend verdagtes is vasgetrek sedert die provinsiale Veiliger Feestyd-veldtog in Giyani, Limpopo, bekend gestel is. ‘n Woordvoerder sê die verdagtes tussen 27- en 49-jaar het vermoedelik verskeie misdade gepleeg. Twee deurbrake staan uit. ‘n Vier-en-dertigjarige vermeende Facebook-reeksverkragter is in Tzaneen in hegtenis geneem op 16 aanklagte van verkragting. Die 36-jarige vermeende reeksmoordenaar, Themba Dube, is gearresteer op sewe aanklagte van moord nadat die liggame van sewe vroue op verskillende plekke rondom Polokwane gevind is.