# Ingeligtes in die Irakese veiligheidsmagte sê twee gewapende hommeltuie is vroeër vandag afgeskiet terwyl dit onderweg was na Amerikaanse magte se militêre basis naby Bagdad se internasionale lughawe. Volgens die nuusagentskap Reuters kom die aanval terwyl Iran en sy bondgenote in Irak die tweede herdenking van die sluipmoord op top-Iranese generaal Qassem Soleimani gevier het. Soleimani is dood in ‘n hommeltuigaanval naby Bagdad se lughawe. Die destydse Amerikaanse president, Donald Trump, het opdrag vir die aanval gegee.