# ‘n Veertienjarige leerder van die Hoërskool Ravensmead in Elsiesrivier, Kaapstad, is op pad skool toe doodgeskiet. Volgens News24 is twee ander slagoffers van 15 en 17 hospitaal toe geneem. Gewapende mans het volgens berigte in Donnegal-laan uit ‘n voertuig geklim en losgebrand voor hulle na die terrein van die Hoër Tegniese Skool St Andrew’s gevlug het. Dit het paniek gesaai en nabygeleë skole is gesluit. Ouers het hul kinders gaan haal namate kommer oor veiligheid toegeneem het. Die Wes-Kaapse polisie het sekerheidsmaatreëls verhoog en ondersoek die aanval.
Veetienjarige leerder dood en twee gewond in skietery in Elsiesrivier