# Veerpyltjies: Die Skotse beroepspeler Peter “Snakebite” Wright het sy tweede wêreldkampioenskapstitel opgeraap toe hy Michael Smith van Engeland in die eindronde in Londen geklop het. Wright met sy kenmerke kleurvolle hare – tans ‘n helderrooi mohawk-styl – het ‘n tjek van 10,8-miljoen-rand ontvang. Die twee spelers was aanvanklik senuweeagtig, maar Wright kon die eerste stel met 3-1 buit, waarna hy die titel met sewe stelle teenoor Smith se vyf gewen het. Die 51-jarige Wright het daarna die eer gehad om die Sid Waddell-trofee omhoog te hou.