Skip to content

Veerpyltjies: 16-jarige Luke Littler in eindronde van Wêreld-veerpyltjiekampioenskap

# Veerpyltjies: Die 16-jarige sensasie Luke Littler het nog ʼn verstommende vertoning gelewer om die eindronde van die Wêreldkampioenskap te bereik. Die tiener van Warrington in Engeland het 2018 se wenner, Rob Cross, 6-2 geklop en kort een oorwinning om die jongste wêreldkampioen in die geskiedenis te word. Littler, die jongste speler ooit om die eindronde te haal, kom vanaand in die eindstryd teen sy landgenoot, Luke Humphries, te staan. As hy wen, sal dit een van die grootste sportstories van alle tye wees. Dit kan vergelyk word met Emma Raducanu wat die Amerikaanse Ope-tennistoernooi in 2021 gewen het toe sy 18 was.