# Rugby: Vanjaar se Sesnasies-kompetisie begin môre met die toets tussen Ierland en die verdedigende kampioen, Wallis, op die Aviva-stadion in Dublin. Skotland en Engeland pak mekaar daarna op Murrayfield in Edinburgh, terwyl Frankryk Sondag die ewige verloorder, Italië, op die Stade de France in Parys verwelkom. Wallis het verlede jaar die titel beklink deur sy eerste vier wedstryde te wen, maar is ‘n Grand Slam ontneem toe Frankryk hom in hulle laaste wedstryd in Saint-Denis in die doodsnikke ‘n drie gedruk het.