# Die Valke se woordvoerder in Mpumalanga, Dineo Sekgotodi, ontken gerugte dat hul kennis dra van ‘n bekende ANC-lid wat homself dié week aan hulle kan oorgee. Dit hou glo verband met die moord op ‘n polisiebeampte in Barberton. Sekgotodi sê sy kan nie kommentaar lewer oor die deurlopende ondersoeke nie. Die inhegtenisneming is blykbaar gekoppel aan die moordklag teen Lifa Nkosi nadat hy na bewering die polisielid, Nkosinathi Ngwenya, en sy vriend, Jafta Mnisi, doodgeskiet het. Die Valke het hom verlede Dinsdag in hegtenis geneem en hy het in die Landdroshof in Barberton verskyn.