Skip to content

Valke vra publiek se hulp in Mhala-transitorooftog

# Die Valke in Limpopo vra die hulp van die publiek om verdagtes aan te keer en vuurwapens en geld terug te kry, na gister se transitorooftog in Mhala. Ongeveer 20 gewapende verdagtes het ‘n voertuig van Fidelity Security aangeval, die bestuurder beseer en ‘n onbekende bedrag geld geroof. Die inligting kan aan speurder Albert de Klerk verskaf word by 071 481 2815. Die polisie waarborg vertroulikheid vir verklikkers.