# Die algemene werkersvakbond Giwusa veroordeel die politieke skynheiligheid oor die vergrote kabinet en die jaarlikse koste van 1,2-miljard-rand. Die president van die vakbond, Mametlwe Sebei sê mediaberigte onderstreep die las op Suid-Afrikaners. Sebei eis vakatures in die staatsdiens en die uitgebreide openbare werkeprogram moet onmiddellik gevul word, en beleggings moet gemaak word in hernubare energie-infrastruktuur. Hy moedig arbeidsbewegings aan om op te staan teen besuinigingsmaatreëls wat openbare dienste en die werkersklas raak:
Vakbond veroordeel politieke skynheiligheid oor koste van vergrote kabinet [KLANK]
ENG-SebeiOnCabinet