# Die Universiteit van die Wes-Kaap het die student wat ‘n 26-jarige vrou by ‘n studentekoshuis van die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie met ‘n mes gesteek het, uit die instelling geskors. Die 30-jarige man, wat teregstaan op ‘n aanklag van poging tot moord, het gister vlugtig in die Bellville-landdroshof verskyn. UWK se woordvoerder, Gasant Abarder, sê die universiteit veroordeel enige daad van geslagsgeweld:
UWK skors student wat ‘n CPUT-student met mes aanval [KLANK]