# Die Universiteit van Pretoria sê sy Mamelodi-sakesentrum is ‘n bewys van die transformerende krag van samewerking om jeugwerkloosheid te takel en volhoubare ondernemerskap en ekonomiese ontwikkeling te bevorder. Die jongste statistiek toon dat 60-persent van die jeug tussen die ouderdom van 15 en 24 en 40-persent van jongmense tussen 25 en 34 in Suid-Afrika werkloos is. Die universiteit sê die spilpunt se inisiatiewe is in ooreenstemming met GenU, ‘n openbare-privaat-jeugvennootskap wat UNICEF aanbied en die gaping tussen die wêreld se vooraanstaande organisasies en jongmense oorbrug.
UP sê sy Mamelodi-sakespilpunt verminder jeugwerkloosheid