Skip to content

UP dra by tot studente se hoë gehalte-onderwys

# Die tussentydse visekanselier en hoof van die Universiteit van Pretoria, Professor Themba Mosia, sê die universiteit lewer die meeste navorsing in Suid-Afrika, wat bydra tot die hoë gehalte-onderwys vir studente. Mosia het agt-duisend-500 eerstejaarstudente, hul ouers, voogde en gesinne by die UP se akademiese familie verwelkom. Die universiteitslewe beskik oor spanning en uitdagings, en hy het studente aangemoedig om gebruik te maak van die verskeie ondersteuningsdienste wat UP bied, soos akademiese en studie-ondersteuning, gesondheidsdienste en emosionele ondersteuning insluitend streshantering en mentorskap.