# ‘n Professor aan die Universiteit van Pretoria se fakulteit Gesondheidswetenskappe, Tiaan de Jager, sê die instelling waardeer die samewerking vanaf Stad Tshwane met die gemeenskapsgerigte middelgebruik-projek. Hy het gepraat op die eerste dag van die virtuele navorsing-simposium wat gerig was op die werk wat gedoen is ten opsigte van dwelmgebruik in Tshwane. Hy sê dit bewys daar kan met strategiese vennootskappe ‘n positiewe uitwerking in die samelewing wees. Hulle hoop hierdie simposium sal die ervarings van dwelmgebruikers in Suid-Afrika uitlig met bewysgebaseerde navorsings-benaderings.