# In fase twee van die Universiteit van Pretoria se vennootskap met die Mastercard-stigting se beursprogram, sal die aantal beurshouers tot 600 vermeerder word. Hierdie fase sluit ʼn groter persentasie vroue, vlugtelinge, ontheemde mense en gestremdes van oral uit Afrika in. Grace Ramafi van Mastercard sê die program wil toekomstige leiers ondersteun deur relevante akademiese opleiding, omvattende ondersteuningstelsels, vérrykende gemeenskapsbetrokkenheid en entrepreneursvaardighede.
Universiteit van Pretoria se vennootskap met Mastercard-stigting bemagtig meer vroue