# Die Universiteit van Pretoria het professor Francis Petersen as sy nuwe visekanselier en rektor aangestel. Sy akademiese agtergrond sluit grade in Chemiese en Metallurgiese Ingenieurswese, ‘n PhD in Ingenieurswese, en uitvoerende bestuursopleiding in. Die universiteit sê Petersen is goed geposisioneer om die instelling in ‘n opwindende nuwe era van innovasie en groei te lei. Professor Themba Mosia, wat die afgelope jaar as tussentydse vise-kanselier en rektor gedien het, sal nou terugkeer na sy rol as onderhoof: Studentelewe.
Universiteit van Pretoria het ‘n nuwe vise-kanselier