Skip to content

Universiteit van Pretoria bied Diabetesberaad aan

# Die Universiteit van Pretoria se Diabetesnavorsingsentrum en die Diabetes-alliansie berei voor om Woensdag die Diabetesberaad aan te bied, onder die tema, ‘Diabetesteikens – Die Oordrag van Beleid na Werklikheid’. Die beraad  sal fokus op vinniger reaksie op die siekte in Suid-Afrika en die sneller instelling van die Nasionale Strategiese Plan vir die Voorkoming en Beheer van Nie-oordraagbare Siektes. Die universiteit sê, groot kommer heers oor die toename in diabetes onder vroue in Suid-Afrika, veral, swanger vroue.