# Die Universiteit van Kaapstad se raad het sy verbintenis bevestig om bestuursmislukkings van die verlede reg te stel en huidige strukture te versterk. Die raad sê hy is gereed om ‘n onafhanklike paneel, wat bestuursake by die instelling tussen 2018 en verlede jaar ondersoek het, se aanbevelings in te stel. Die verslag het die universiteit se gewese visekanselier, Mamokgethi Phakeng en raadsvoorsitter Babalwa Ngonyama, aan ernstige bestuursmislukkings skuldig bevind. Die raad sê ‘n subkomitee sal ‘n raamwerk opstel om die universiteit se bestuurstelsel te versterk.
Universiteit van Kaapstad se raad bevestig verbintenis om bestuur te versterk