Skip to content

Universiteit van die Vrystaat beplan om hulle ortopediese uitreikmodel in ander provinsies te gebruik

# Die hoof van die Departement van Ortopedie aan die Universiteit van die Vrystaat, professor Steven Matshidza, sê hulle beplan om vanjaar hulle ortopediese uitreikmodel in ander provinsies te skep, selfs in Zimbabwe. Sedert hulle in 2016 met hulle uitreikwerk in Limpopo begin het, het hulle meer as twee-duisend ortopediese operasies in daardie provinsie uitgevoer en meer as 600 in die Vrystaat. Die program dra by om die reuse-agterstande in openbare hospitale aan te spreek. Volgens Matshidza is daar tans ʼn tekort aan ortopediese chirurge in die land, veral in landelike gebiede.