# United Africans Transformation het sy gewig ingegooi agter president Cyril Ramaphosa se goedkeuring van die inwerkingstelling van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette. Woordvoerder Doer Mabule sê dit is ‘n waterskeidingsbesluit vir die hervorming van Suid-Afrika se onderwysstelsel. Hy sê die wet verseker billike toegang, aanspreeklikheid en inklusiwiteit in skole. Mabule beklemtoon onderwys bly die grondslag vir maatskaplike bemagtiging. Hy sê die party onderneem om die instelling te steun, en vra alle burgers om agter die wet te verenig.
United Africans Transformation gaan instelling van BELA-wet steun