# Sowat een uit elke vyf kinders wêreldwyd leef in gebiede wat minstens twee-keer soveel uiterste warm dae elke jaar beleef, vergeleke met sestig jaar gelede. Dit is volgens ‘n ontleding van die Verenigde Nasies se Internasionale Kinderfonds. Verlede jaar was by verre die warmste jaar op rekord, en wetenskaplikes verwag dat wêreldwye temperature nog verder kan styg. UNICEF het bevind ‘n totaal van 123-miljoen kinders, of 39-persent van kinders in Afrika ervaar temperature van meer as 35 grade Celsius oor ‘n gemiddelde van vier maande elke jaar.
Unicef sê byna ‘n half-miljard kinders wêreldwyd beleef uiterste warm dae