Skip to content

UJ se visekanselier word vereer as hoofman in Ghana

# Die visekanselier en rektor van die Universiteit van Johannesburg, professor Letlhokwa Mpedi, is vereer as hoofman in die Abeadze-koningkryk in Ghana. Die opperhoof van die Abeadze-koninkryk, sy koninklike majesteit, Daasebre Kwebu Ewusi die sewende, het die eer aan hom toegedien tydens ‘n seremonie by UJ se kunssentrum. Hierdie eer word aan Mpedi toegeken om erkenning te gee aan sy indrukwekkende bydraes op navorsingsgebied sowel as sy mentorskap aan jong Ghanese mans en vroue wat die geleentheid gehad het om te leer en steeds onder sy toesig studeer.