Skip to content

Uitnemendheid en toewyding by SANParke se Droë Streke-toekennings erken

# SANParke Droë Streke het gister in die Mokale Nasionale Park in die Noord-Kaap sy jaarlikse streektoekennings gehou waar personeel se uitnemendheid, toewyding en spanwerk erken is. Daar is 48 toekennings uitgedeel in verskillende kategorieë soos kliëntediens, leierskap, veldwagter en lewensbydrae. JP Louw van SANParke sê die geleentheid het werknemers van Kgalagadi, Augrabies, Namakwa en Mokala Nasionale Park gevier wat voorbeelde is van die organsasie se toewyding aan bewaring, toerisme en gemeenskapbetrokkenheid.