# Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie se sewe top gegradueerdes is onlangs vereer vir hulle prestasies by die Kanselier se Uitnemendheidstoekennings. Slegs studente wat deurgaans die hoogste persentasies en punte kry, word vir die toekenings oorweeg. Sommige van die wat vereer is, sluit in Sonto Annah Mahlangu van die Fakulteit van Ekonomie en Finansies, Edrich Gresse van die Fakulteit van Ingenieurswese en Bou-omgewing, en Shané Nikita van Zyl van die Wetenskapsfakulteit. Die TUT se vise-kanselier, Tinyiko Maluleke, het die studente geloof en gesê hulle word beloon vir hulle harde werk en konstante hoë akademiese prestasie.
Uitnemendheid by TUT se Kanselierstoekennings in prag en praal gevier