# Die leier van die opposisie in Uganda, Bobi Wine sê sekerheidsmagte omring sy party se hoofkwartier, op die vooraand van ‘n beplande teenkorrupsie-optog wat deur die owerhede verbied is. Die optrede kom twee dae nadat president Yoweri Museveni, wat byna vier dekades lank die land met ‘n ystervuis regeer, gewaarsku het Ugandese wat beplan om môre op te ruk “speel met vuur”. Wine, wie se regte naam Robert Kyagulanyi is, het aan AFP gesê die hoofkwartier van sy National Unity Platform in Kavule, ‘n voorstad van die hoofstad Kampala, is omsingel.
Ugandese opposisieleier Bobi Wine sê sekerheidsmagte omsingel sy party se hoofkwartier