Skip to content

UDM waarsku oor nagevolge van ladingsvermindering in Johannesburg

# Die UDM sê hy is bekommerd oor ladingsvermindering in Johannesburg wat die stad se ekonomiese en maatskaplike stabiliteit kniehalter. Yongama Zigebe van die party sê ondanks die viering van 120 dae sonder beurtkrag, ly inwoners en klein ondernemings – veral in gebiede soos Soweto en Alexandra – weens gereelde onderbrekings. Hy sê verbeterde infrastruktuur, deursigtigheid en beleggings in hernubaare energie is nodig om dié voortdurende uitdagings die hoof te bied.