Skip to content

UDM vra bestendigheid terwyl Johannesburg weer ‘n nuwe burgemeester kry

# Die UDM sê hy wil vir minstens twee jaar bestendigheid in Johannesburg hê. Dit volg omdat die stad vandag ‘n nuwe burgemeester sal hê ná die bedanking van Kabelo Gwamanda. Die ANC se Dada Morero gaan as burgemeester verkies word en soos sake tans staan, het die party 148 stemme, meer as die vereiste 136, om Morero te verkies. Die UDM se sekretaris-generaal, Yongama Zigebe, sê die gereelde wisseling van burgemeesters bevorder nie bestendigheid nie en inwoners word die meeste geraak.