Skip to content

Tydlose verhaal van Xhosa-erfenis in Pretoria uitgestal

# ‘n Uitstalling van ou Xhosa-tekstiel en -artefakte, Buttons and Bows, open Saterdag by die TerraContemporary-gallery in Pretoria. Dié versameling behoort aan die oud-student en -personeellid van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie, Marion Gebhardt, wat sedert die 1980’s oorspronklike etniese kralewerk, kledingstukke en artefakte aangekoop het. Gebhardt sê die uitstalling moet as agtergrond dien om nuwe kreatiewe verkooppunte te skep en mense bewus te maak van tradisies wat vir altyd verlore mag gaan.