# Die kommissaris van polisie in Mpumalanga, Semakaleng Daphney Manamela, doen ‘n beroep op ouers om hul kinders se bewegings en gedrag fyn dop te hou en professionele hulp in te roep indien nodig. Dit volg nadat ‘n 20-jarige graad tien-leerder gister deur ‘n geskorste ewenkie van die Hoërskool Mbambiso in Boschfontein doodgesteek is. Die minderjarige verdagte het gevlug, maar sy ouers het hom later aan die polisie oorgegee. Die polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê maatreëls is getref om skoolveiligheid voorop te stel deur gereelde veldtogte, veral om aandag te skenk aan kwessies soos afknouery:
Twintig-jarige graad 10-leerder na bewering vermoor deur geskorste eweknie in Mpumalanga [KLANK]