# Meer as 21-miljard-rand is in net minder as twee maande onttrek ingevolge die tweepot-aftreestelsel. Meer as ‘n miljoen mense het van hulle aftree-spaargeld onttrek, wat ingevolge die hervorming van die stelsel toelaat dat pensioenfondse verdeel kan word in gevestigde spaargeld en aftreepotte. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens berig meer as 1,1-miljoen belastingaanwysings is goedgekeur, hoewel baie aansoeke afgewys is weens foute. Belastingkoerse op onttrekkings wissel van 18- tot 45-persent.
Tweepot-aftrede-onttrekking oorskry R21-miljard in minder as twee maande