Skip to content

Twee verdagtes in drie-dubbele moordsaak in Gugulethu vrygelaat [KLANK]

# Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê die twee verdagtes wat vir die drie moorde op Nuwejaarsaand in NY-137 in Gugulethu, Kaapstad gearresteer is, is weens beweerde growwe nalatigheid aan die kant van die Suid-Afrikaanse Polisiediens vrygelaat. Die polisie het die twee vroeg Woensdagoggend in Goodwood en Blue Downs in hegtenis geneem. Na wat berig word was die slagoffers in ‘n voertuig wat besig was om iemand af te laai toe ‘n ander voertuig te voorskyn gekom het en verskeie skote gevuur is. Allen sê nóg inligting moet van die SAPD verkry word:

AFR AllenonGugulethu