# Twee mans is in verskillende ongelukke op die N11 buite Ermelo, Mpumalanga beseer. ‘n Woordvoerder van die Departement van Vervoer, sê die eerste ongeluk het sowat 35-kilometer buite Ermelo plaasgevind. Paramedici het ‘n vragmotor gevind wat in die kant van ‘n ander een vasgery het. ‘n Man in sy veertigs is ernstig beseer en is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem. Die tweede insident het ongeveer 80-kilometer buite Ermelo gebeur. ‘n Minibus het agter in ‘n vragmotor vasgery. Een man is ernstig beseer en na die hospitaal geneem.