# Die Kaapstadse polisie het daarin geslaag om twee bekende bendelede in hegtenis te neem, ná twee wenke van die gemeenskap. Die twee sal in Bishop Lavis se Landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, asook dwelmhandel. Die wyksraadslid vir Bonteheuwel, Angus MacKenzie, sê daar is beslag gelê op drie vuurwapens en dwelms. Hy sê die inligting bewys ‘n goeie verhouding tussen wetstoepassings-agentskappe en gemeenskappe is ‘n voorvereiste om die oorlog teen bendebedrywighede te wen.