# Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie se Sentrum vir Entrepreneurskap-ontwikkeling was een van die wenners van die nasionale presidensiële toekennings vir klein-, medium- en mikro-ondernemings en koöperasies. Hy het die ministeriële toekenning ontvang as Vernuwende Oplossing vir Kleinsakeondernemings. Die sentrum het meer as 750 klein- en medium-sakeondernemings ondersteun. ʼn Woordvoerder van die universiteit, Patrick Ebewo, sê die sentrum bevorder ekonomiese deelname en insluiting van vroue, die jeug en mense met gestremdheid deur toegang tot entrepreneursonderrig, sakeontwikkeling en ondersteuning.
TUT-sentrum vir Entrepreneurskap-ontwikkeling ontvang presidensiële toekenning