Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

TUT se sonkrag-voertuigprojek ontvang bykomende befondsing

# Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie se sonkrag-voertuigprojek het internasionale erkenning gekry vir sy bydrae tot hernubare energie en navorsing oor doeltreffende vervoer in die toekoms. Die projek het as deel van ʼn bestaande vennootskap tussen TUT en die Universiteit van Southampton in die Verenigde Koninkryk ʼn toelaag van 1,1-miljoen-rand ontvang. ʼn TUT-dosent, Christiaan Oosthuizen, sê die vorige toelaag wat hulle ontvang het, het bygedra tot die ontwikkeling van die huidige prototipe SunChaser 4-voertuig en die ontwikkeling van die nuwe voertuig wat die eerste sonkrag-aangedrewe elektriese multisitplek-voertuig in Afrika sal wees.