# Die Tshwane Universiteit van Tegnologie het die datum van aanvaarding vir nuwe studente bekend gemaak. TUT se woordvoerder, Phaphama Tshisikhawe, sê die registrasietydperk vir eerste toetreders sal op 31 Januarie begin en tot 25 Februarie duur. Tshisikhawe sê TUT sal weens die Covid-19-beperkings geen instapstudente toelaat nie. Die instelling sal egter van sy laboratoriums beskikbaar stel om studente wat probleme met aanlynregistrasies ervaar, by te staan. TUT sal ook ‘n besluit rakende die dra van maskers neem.