# Lede van die Openbare Skakelinstituut van Suider-Afrika, PRISA, het Oscar Rofhiwa Tshifure, ‘n voormalige student van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie, as die organisasie se nuwe president verkies. Die instituut is in 1957 as die beroepsliggaam vir openbare betrekkinge en kommunikasie-praktisyns in Suider-Afrika gestig om uitmuntendheid in die bedryf te bevorder. Tshifure sê met ‘n nuwe regering van nasionale eenheid aan bewind sal PRISA se rol selfs nog belangriker wees in die publisering van beleid en die bevordering van die land as ‘n voorkeur-belegggingspilpunt en toerisme-bestemming.
TUT alumnus as president van PRISA aangestel