Skip to content

Turkye sluit by Maleisië aan wat SA se volksmoordsaak teen Israel steun

# Turkye het by Maleisië aangesluit deur steun uit te spreek vir Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel, wat volgende Donderdag in die Internasionale Strafhof in Den Haag aangehoor word. Turkye se Departement van Buitelandse Sake veroordeel die dood van meer as 22-duisend Palestyne, en vra dié wat daarvoor verantwoordelik is moet ingevolge internasionale reg aanspreeklik gehou word. Frankryk, wat tans die voorsitter is van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, het onderneem om die hof se besluit te respekteer. Maleisië het ook steun uitgespreek en moedig Israel aan om gruweldade teen Palestyne te beëindig.