# Die gemeenskap van die Tswaing plaaslike munisipaliteit in Noordwes is in duisternis weens vermeende kabeldiefstal. Ottosdal is al van Dinsdag af sonder elektrisiteit. Daar word verneem sakeondernemings wat nie kragopwekkers het nie, is hard getref. Die plaaslike poskantoor se uitbetalings aan Sassa-begunstigdes is ook vertraag. Die munisipaliteit verseker egter inwoners die krag sal so gou doenlik herstel word.