# Die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya sê die metro is vasberade om die elektrisiteitskrisis in Winterveldt uit die weg te ruim. Eskom het Winterveldt tot ‘n rooisone verklaar, wat beteken hy sal nie elektrisiteitsprojekte na die gebied bring nie omdat die inwoners aanhou om sy werkers aan te val. Onwettige elektrisiteitsverskaffers het ook vinnig toegeneem en verkoop onwettinge transformators. Moya sê die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, het ingestem om Winterveldt te besoek.
Tshwane vasberade om elektrisiteitskrisis in Winterveldt te hanteer