Skip to content

Tshwane-strate geraak deur vanmiddag se Curriebekerwedstryd op Loftus

# Die Stad Tshwane het padsluitings om Loftus Versfeld aangekondig vir vanmiddag se Curriebeker-halfeindstryd tussen die Bulle en die Haaie wat om vyf-uur afskop. Die sluitings van 12-uur vanmiddag tot nege-uur vanaand sluit in Park-, Kirkness-, Lynnwood-, Bond- en Farenden-straat. Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik soos Francis Baard-, Pretorius- en Stanza Bopape-straat. Tshwane se Metropolisie en die SAPD sal die gebiede wat geraak word monitor om verkeersvloei en veiligheid te verseker.