Skip to content

Tshwane stel platform bekend vir klagtes oor onwettige bouery

# Die Stad Tshwane het ʼn sentrale e-posadres bekendgestel om klagtes oor onwettige bouery te hanteer. Dit volg ná vele klagtes oor ongemagtigde veranderinge aan geboue en besetting sonder sertifikate. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning, Hannes Coetzee, sê klagtes sal deeglik ondersoek word en skuldiges sal moontlik vervolg word. Coetzee sê hulle sal op geldige klagtes volgens die Nasionale Bouregulasies reageer.