# Die burgemeester van Tshwane, Randall Williams, het aangesluit by die waarnemende stadsbestuurder, Mmaseabata Mutlaneng, op ‘n skuld-invorderingsveldtog. Operasie #TshwaneYaTima het ten doel om wanbetalende kliënte se dienste af te sny. Sommige geboue wat afgesny is, sluit in die Departement van Water en Sanitasie, die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, die Club Crossing-winkelsentrum en The Sheraton-hotel. Volgens Williams staan die stad se skuldboek op meer as 17-miljard-rand met nasionale staatsdepartemente, ambassades, sakeondernemings en inwoners wat nie betaal nie:
Speel klankgreep: ENG-RandallWilliams